Oor Lianie
Lianie May
Lianie May se debuutalbum, Vergeet My Nie, is in September 2007 vrygestel en was een van die groot suksesverhale in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in 2008. Dit het gespog met verkope van meer as 120 000 en Lianie het verskeie toekennings gewen onder meer die Tempo-toekenning as gunstelinge nuweling én beste popalbum. Die grootste toekenning was egter toe dit in 2009 die Sama-prys as topverkoper in die Suid-Afrika oor alle genres gewen het, `n merkwaardige prestasie vir `n debuutalbum.
Ná `n Kerfees-album, wat baie goed ontvang is, is Lianie se volgende album, Boeremeisie, vrygestel. Dit het gesorg vir `n hele paar treffers soos Honey Honey, Skooljare, Dans Met My Baby en Die Een Wat Jy Wil Hê. In 2010 en 2011 het Lianie en Jay, die gewilde voormalige lid van die groep Eden en deesdae baie suksesvolle solokunstenaar, twee reuse treffers gehad met die duette In a Moment Like This en Toe Stop My Hart.
Haar nuwe album, Lank Lewe die Liefde, is in Julie 2011 vrygestel en bevat ‘n paar seker treffers. Daar is vier duette met Jay en nuwe liedjies vir haar geskryf deur Johan Vorster, Sean Else en Riana Nel. Hierdie album beloof om net so `n groot treffer as haar vorige albums te wees.
Lianie maak in November 2011 haar debuut as aktrise in die Afrikaanse rolprent Platteland waar sy die silwerdoek met groot name soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Jay deel.
Lianie is ‘n boorling van Oranjeville en sang was nog altyd haar groot liefde. Dit het egter jare se geduld en deursettingsvermoë geneem en sy het eers op 30-jarige ouderdom haar debuutalbum vrygestel ná Sean Else en Johan Vorster van Mozi Records haar ontdek het.
Lianie May is een van Suid-Afrika en Afrikaanse musiek se hardwerkendste en besigste kunstenaars en sy toer die land vol waar sy voor vol sale optree. Sy is besonder gewilde onder haar aanhangers en iemand van wie daar in jare nog baie gehoor gaan word.
Eerste Persvrystelling:
LIANIE MAY gaan die wêreld aan die brand sing met haar ongelooflike stem en emosionele interpretasie van splinternuwe Afrikaanse treffers uit die skrywers pen van JOHAN VORSTER, SEAN ELSE (DE LA REY, 68 CHEVY, HABANA!, IS JY BANG (EDEN), EN VELE MEER) en LIANIE MAY wat self 'n paar van die liedjies geskryf het...
Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer 'n mens 'n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het 'n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai.
Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERREËN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE 'N TWEE RAND NOG 'N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na 'n ander tyd en plek en natuurlik is daar 'n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en 'n kragtige treffer van die groep HEART...WILL YOU BE THERE IN THE MORNING.
LIANIE MAY se musiek herinner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodie, vleiende harmonie wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis 'n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde...en dan maar weer en weer herhaal!
Boeremeisie Album - Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!
Vegeet my nie (Album) - gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!
LIANIE MAY...is hier om te bly!
-------
SKOOL TAKE
Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor.
SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het ‘n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai.
Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERRëEN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL YOU BE THERE IN THE MORNING. LIANIE MAY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal! Die Afrikaanse musiek bedryf is honger vir ‘n nuwe vroue stem wat die groot gaping kan vul. LIANIE MAY…is hiér om te bly!
TRACK LISTING 1. Pretoria (Musiek; Johan Vorster Woorde; Sean Else,) 2. Bel, bel, bel (Musiek; Lianie May, Johan Vorster Woorde; Lianie May, Sean Else, Johan Vorster) 3. Jy soen my nie meer nie (Musiek; Johan Vorster Woorde; Johan Vorster, Rencha Neethling) 4. Boerevry (Musiek; Johan Vorster, Sean Else Woorde; Johan Vorster, Sean Else) 5. Los my nie alleen nie (Musiek; Johan Vorster, Woorde: Johan Vorster,Lianie May, Margaret de Beer 6. Vergeet my nie (Musiek: Johan Vorster Woorde: Johan Vorster, Rencha Neetling, Sean Else 7. Vrou staan by haar man (Musiek en Woorde; Johan Vorster) 8. Somerreën (Musiek; Johan Vorster Woorde; Johan Vorster Rencha Neethling) 9. Ek kom huis toe (Musiek; Lianie May, Johan Vorster Woorde; Lianie May) 10. Jolene ((D. Parton) Carlin music corp.p1973) 11. Will you be there in the morning ((R.J. Lange) Capital Records, Inc.) 12. Belinda Carlisle – Medley 13. I will always love you ((D. Parton) Carlin Music Corp.p 1982)
KERSFEES MET LIANIE INSLUITEND DIE NUWE TREFFERS… ”EK BRING VIR JOU ‘N SNEEUMAN” EN “GESKENK UIT BETHLEHEM” Nou gee sy ‘n geskenk van Kersfees herrineringe terug met haar Kersfees album “Kersfees met Lianie”. Met verkope meer as 40 000 (platinum) En die grootste geskenk op die album is twee splinternuwe Afrikaanse kersfees treffers uit die pen van Johan Vorster en Sean Else (De la Rey, Ons vir jou Suid-Afrika, Is jy bang, Jy soen my nie meer nie,…en vele meer)!
Afrikaanse kersfees treffers wat Lianie se album ‘n jaarlikse tradisie gaan maak! Die album is ook propvol tradisionele kersfees liedjies en ander bekendes soos…Mary’s Boy Child, Feliz Navidad, Rivers of Babylon (Boney M), Last Christmas I gave you my heart (Wham!), Chiquitita, Happy New Year, I have a dream (ABBA), Stille nag, Drummer Boy en nog vele meer! Liedjies wat heel vakansie in die CD spelers en koppe gaan draai! Kyk uit vir “Kersfees met Lianie” en maak jou Kersfees iets om te onthou vir die hele gesin…
Boeremeisie Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!
Die suksesvolle liedjieskrywers Johan Vorster, Sean Else, Rencha Vorster, Dewald Wasserfall asook Lianie self het ‘n groot verskeidenheid treffers vir die album geskep. Die treffer op die album kom weer uit die pen van Johan en Rencha Vorster wat ook vir JY SOEN MY NIE MEER NIE verantwoordelik was.
In dié liedjie span Lianie haar reuse talent saam met die ongelooflike sangtalent van Jay (Eden) om een van die grootste duette nog in Afrikaans te sing - TOE STOP MY HART. Maar die treffers stop beslis nie daar nie. Die album is gevul met `n hele paar groot liedjies met volwasse en emosionele lirieke en sielvolle ballades soos SKOOLJARE, ‘N ENGEL HUIL, DIE MAN WAT BY MY STAAN, PAD NA JOU HART tot wikkel-vastrap ritmes en saamsingliedjies soos WIE NIE WAAG NIE, HONEY, HONEY, BOEREMEISIE, DIE EEN WAT JY WIL Hê, DANS MET MY BABY, STAAN ‘N BIETJIE NADER, 1,2,3 en vele meer. Daar is ook ‘n lied met ‘n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ‘n ou F.A.K.- treffer met ‘n nuwe baadjie – BOEREPLAAS, ’n duet saam met ‘n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt.
`n Indrukwekkende video van die eerste enkelsnit, SKOOLJARE, is reeds deur Sean Else van Mozi Films geskiet.
Sean was ook onder andere verantwoordelik vir die treffervideo’s JY SOEN MY NIE MEER NIE (Lianie May), DE LA REY (Bok van Blerk) en TYD OM TE TREK (Bok van Blerk).
Die video is saam met die treffer TOE STOP MY HART op ‘n bonus-skyf geplaas wat saam met BOEREMEISIE versprei sal word. Elke persoon sal die nostalgie en hartseer van hulle eie skooljare daarin herken. BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig! Boeremeisie het alreeds meer as 70 000 kopiee verkoop (platinum status bereik)
Meer oor Lianie:
Geskiedenis: Kinderjare: Lianie Oosthuizen (Lianie May) gebore op 2 Augustus 1976 in Vereeniging Hospitaal, groot geword op `n plaas net buite Oranjeville, was in Laerskool Primer Deneysville. Afrikaans Hoërskool Sasolburg - 1990 tot 1994 - deelgeneem aan kunswedstryde en revues, drama gedoen, en was in Tegniese Hoërskool Sasolburg se koshuis Willem Loubser, was prefek in Matriek 1994.
Deelnames op skool: Sport: Atletiek en Netbal en Swem Kultuur: Koor, Kunswedstryde, Revues, Drama (drama en sangpryse gewen op skool) Na skool: 1995:
Begin werk as sekretaresse op Van Tonder Landgoed op Oranjeville, later werk by Techniland Kooperasie (Presisie Boerdery) op Oranjeville as Persoonlike Assistent 2004:
2005: Eden tree op in Oranjeville by Oranjeville Primere Skool, sy ontmoet Johan Vorster en Sean Else na die vertoning, vra hul raad oor kontakte in die sangbedryf, en hulle vra haar om `n oudisie te doen, vir hul platemaatskappy Mozi Records, die enigste stil plekkie waar sy kon sing was in seuns badkamer, hul bied Lianie toe `n platekontrak aan, sy verhuis na Pretoria.
2007 en die album Vergeet my nie word opgeneem.
Inspirasie: Mense en Sangers wat haar inspireer: Haar ouers en...Shania Twain, Carrie Underwood, Celine Dion, Steve Hofmeyr. Intsrumente: Ek speel nie `n instrument, maar speel bietjie klavier op gehoor
Gunsteling kleur: is rooi en pienk
Kos: ek is mal oor boerekos, rys,vleis aartappels en groente (enige groente)
Drankie: Ek is mal oor die aanmaak koeldrank oros, en coca-cola, maar probeer elke dag die nodige 8 glase water te drink
Fliek: The Green Mile, Faith like Patatoes, daai tipe flieks wat `n mooi storie vertel en ek bietjie hartseer word
TV: Ek is mal oor Hanna Montana, Grey's Anatomy, Ugly Betty, Prison Break, Desperate Housewifes en Binnelanders Gunsteling leesstof:
Ek sou se die Huisgenoot, maar voor ek gaan slaap lees ek my Bybel Reisiger Dagboek met dagstukkies Opleiding:
Ek sing van kleins af, het op skool aan elke operette, revue en kunswedstryd deelgeneem, het nie eintlik sangopleiding gehad nie
Wat sou jy graag wou wees, indien jy nie sanger was nie: Ek dink defnitief sou ek iets te doen wou he met diere, ek is mal oor diere, `n natuurbewaarder, of andersins defnitief betrokke wou wees by kinder welsyn...
Toekennings: 2009 Tempo Toekenning vir Beste Nuweling gewen 2009 Tempo Pop Album van die Jaar 2009 Vonk Toekenning Beste Nuweling 2009 Vonk Toekenning Beste MusiekVideo met Jy soen my nie meer nie 2009 Elite Melody SA Country Award vir Country Nuweling van die Jaar 2009 MK toekenning 2009 - Beste solo liedjie vir Soen my nie meer nie 2009 SAMA toekenning 2009 - Top verkoper van die jaar vir die album Vergeet my nie 2009 DKNT (No 1 album van die jaar) 2010 Tempo Toekenning vir Musiekvideo van die jaar vir Toe stop my hart (met Jay van Eden) 2010 Rapport Vonk Toekenning vir Muskiekvideo van die jaar vir Toe stop my hart (met Jay van Eden)








